NG Kerk Knysna
Sedert 1851Kontak Ons  
NG Gemeente Knysna :: Leef Sy Liefde



Kliek hier onder vir meer inligting

  • Ons Gemeentenuus Verskyn Elke Sondag gedurende Skoolkwartale Kliek Hier vir Die Nuutste Trompetter
  • Die laaste 10 Trompetters is in Argiewe elders op hierdie webwerf
  • Eerstejaarskamp deur Universiteit Stellenbosch Kliek hier vir besonderhede
  • Week van GEBED 22-26 Januarie 2012
  • Gesinskamp 2-4 Maart 2012. Besonderhede later.
  • Tienerkamp 20 Oktober 2012. Besonderhede later.
  • Publieke gespreksforum oor die Belydenis van Belhar by http://belydenisvanbelhar.co.za/


Hou asb. julle dagboeke oop! Die eerste naweek in Maart merk die datum van ons Gemeente se familiekamp. Ons gaan kamp en chalet ( vir die wat nie vir die tente kans sien nie) en lekker saam kuier. Gewaardborgde pret vir die kinders, ouers, oupas en oumas! Almal is welkom! Besonderhede later.
‘Watch this space’



Die Amerikaanse skrywer Phillip Yancey skryf dat ons dikwels dink gebed is bedoel om God te verander - dat Hy my sal hoor en vir my sal gee wat ek vir myself of ander mense vra. Die waarheid skryf Yancey is egter dat gebed bedoel is om jou en my te verander- om ons meer in lyn te bring met God se doelwitte en prioriteite, om ons oë en harte oop te maak vir waar God reeds aan die werk is sodat ons by Sy werk kan inskakel. Gebed is nie bedoel om God op my in te stel nie, maar op my op God in te stel.

Tydens die week van gebed van 22-26 Januarie 2012 gaan ons saam die Here se naam verheerlik, die Bybel bestudeer en onsself op God instel deur gebed. Elke aand gaan ons op ‘n nuwe ontdekkingstog in die Woord van die Here en leer dat gebed beteken om te vertrou, anders te wees, vry te wees, te juig en te bou.


Besluite van Die Algemene Sinode van die NG Kerk oor:
  • Die Doop
  • Die Bediening van Bevryding
  • Die Huwelik en Saamwoon
  • Kerkhereniging
  • Die Belydenis van Belhar
  • Restitusie
  • Welvaartsbelasting

Ons het JOU nodig!

Ons gemeente is tans besig met 12 barmhartighiedsprojekte IN KNYSNA
Ons spandeer meer as R125 000 per jaar aan sulke projekte IN KNYSNA
Dit kan baie meer wees!
WIL JY BETROKE RAAK?

Lees Meer





In die Britse museum is daar ’n ou landkaart uit die 16de eeu deur ’n onbekende tekenaar, waarop alle vreesaanjaende aanduidings is. Op sommige plekke staan: Hier is reuse, hier is skerpioene, hier is drake… Vir ’n sekere tyd het die wetenskaplike, Sir John Franklin, die kaart besit. Hy het al die vreesaanjaende aanduidings uitgekrap en bo-oor die hele kaart geskryf: HIER IS GOD! Dis presies wat Lukas met vers 1 en 2 wil sê: Dis God se wêreld! Alle eer aan Hom!

In Lukas 2 hoor ons die woorde: “Eer aan God in die hoogste hemel”. Wat beteken hierdie eer? Eerstens moet ons sê dat God se eer nooit van mense afhang nie. Die teoloog Johan Cilliers het dít van die eer van Jesus te vertel:

Hy vertel die verhaal van sy ervaringe terwyl hy in Heidelberg in Duitsland studeer het. Op ‘n Sondagmôre het hy by die eeue-oue Heilig Geist Kirche ingestap. Wat hom veral opgeval het was die stalletjies wat rondom die kerk hulle ware uitstal en verkoop, onder andere ook pornografiese materiaal. Op een van die gebrandskilderde vensters staan daar Soli Deo Gloria- “Aan God alleen die eer”. Hy het toe by homself gedink dat kerkleiers hulle al lankal teen hierdie straatverkope moes uitspreek, om God se kerk, selfs God se naam, in ere te herstel. Maar nadat hy op Kersoggend die preek daar in die kerk bygewoon het en die prediker juis uit Lukas 2: 14 gepreek het, het hy besef: God is die Here, Hy het die eer en sal dit vir ewig hê. Sy eer hang nie van mense af nie. Dit maak nie saak wat die wêreld sê, of wat die wêreld doen nie, God hét al die eer.

Kategese program vol nuwe dinge!

Op Sondag 15 Januarie het die kategese groepe vir die eerste keer hierdie jaar bymekaar gekom en ons sien uit na ‘n jaar waar ons meer leer oor die Woord van God, Sy liefde vir ons en ons antwoord op Sy liefde. Soos in die verlede maak ons gebruik van verskillende handleidings vir die kleuterkerk, junior- en senior kategese, sowel as die Belydenisklas. Ons is veral opgewonde oor ‘n nuwe toevoeging tot hierdie reeks handleidings, naamlik “Faceboek – Vriende van God”. Dit is gerig op tieners en sal gebruik word by die senior kategese. Hier is die goeie nuus: die kerkraad voorsien gratis ‘n boek aan elke tiener in die senior kategese!
    e-pos: info@ngkerkknysna.co.za Website by s² Web Solutions