NG Kerk Knysna
Sedert 1851Kontak Ons  
NG Gemeente Knysna :: Leef Sy Liefde




Fire Trails Besoek Knysna

Rita Mare en Engelize de Lange is die leiers van die Oostelike roete van Fire Trails. Hulle het saam met hul spanlede verlede Donderdag,10 Maart en Vrydagoggend, 11Maart deur Knysna beweeg.
DIE SKOLE AFLOS-MARATON (Geko-ordineer deur Nathan Overmeyer van Jeug vir Christus)
DIE FIRETRAILS OOMBLIKKKE wat uitgestaan het, was by die begin en einde v.d. skole Aflos Maraton.
Nege skole het deelgeneem nl. Oakhill privaatskool, Knysna Laer- en Hoërskool, Knysna Christenskool, Fraaisig Laerskool , Sunridge Primêr, Hornlee Primêr, Thembalitsha, Chris Nissan, Knysna Sekonder, Percy Mdala sowel as die Korrektiewe dienste.
  • Begin by Oakhill (06:30) – Toe die atlete van Oakhill weggespring het met die fakkel, het dit begin stortreën. Teen die tyd dat die fakkel by Knysna Hoërskool uitgekom het, was die vlam reeds geblus – sê die jong atleet wat die fakkel sou dra:
    “Toemaar tannie, al is die vuur dood … dit brand in ons HART!”
    Dit beskryf die gees v.d. Fire Trails naamlik dat ons harte brandend vir God sal wees; dat ons so sal bid vir die dorp en sy mense dat die vlam sal versprei na ander en God Knysna verander. (Godgerig)
  • Die maraton het geëindig om 15:30 by die Munisipale gebou waar atlete van die Korrektiewe Dienste die laaste fakkel ingbring het.
    Hier het die Firetrail leiers ‘n gedenkplaat aan die Burgemeester oorhandig waarop ‘n sleutel as simbool vir Knysna (‘n sleuteldorp vir herlewing in SA),‘n Gebed en ‘n Belofte uit die Skrif (Hebreërs 2 vers 6-8) aangebring is.
  • Donderdag oggend by ‘n Knysna Laerskool saalbyeenkoms was nog ‘n hoogtepunt waar Dorianne du Toit ‘n fakkel aangesteek het as simbool van Fire Trails. Deur hierdie simboliese aksie is ook erkenning gegee aan die vlam van die evangelie wat verlede jaar in die kinders se harte aangesteek is, toe Ds. Jacques met soveel passie vir elke kind in die Laerskool ‘n “Lewende” bal gegee het. Soekie en die Radikids het hulle geleer van gehoorsaamheid en het met haar dinamiese aanbieding die kinders laat jubbel met sangbediening.
  • Vrydag 11 Maart het Soekie en die Fire Trails span weer om 7:30 Knysna Laerskool kinders bedien met Lofprysing en Aanbidding. Knysna Christian School was genooi om saam met ons hierdie uitreik byeenkoms te geniet. Laerskool Knysna se onderwysers sowel as agt van Knysna Christian School se onderwysers het saam gebid in die personeelkamer (eerste keer in geskiedenis...verenig in gebed.) Dit was wonderlik om te sien dat twee skole saam die Here loof en aanbid.
    Soekie en die Radikids het ons kinders bemoedig/aangemoedig om uit te reik na mekaar/andere in die saalbyeenkoms.
    Na die Fire Trails wil KiX voortgaan om uit te reik na ander, bv Bybelverspreiding,klere en voedsel projekte.


    e-pos: info@ngkerkknysna.co.za Website by s² Web Solutions