Om ‘n Vriend te wees
’n Mens kan dit as lewenswet stel: heeltemal alleen kan jy nie jou rol speel nie. As jy glad geen vriend het nie, kan jy maar van die verhoog afstap" (Francis Bacon)
"Vriende kan God nie vervang nie. Net soos ons het hulle ook beperkings en swakhede. Hulle beperkings kan egter die wegwysers wees op ons reis na die onbeperkte en onvoorwaardelike liefde van God" (Henri Nouwen)
"Om ‘n goeie vriend te hê is een van die grootste vreugdes wat hierdie wêreld bied; om ‘n goeie vriend te wees, een van die heel moeilikstes" (George Washington)
"Jou vriend is die vervulling van jou behoeftes. Hy is jou akker wat jy met liefde saai en met danksegging maai. En hy is jou maaltyd en jou vuurherd, want jy kom na hom as jy honger ly, en jy soek hom vir vrede” (Kahil Gibran)
"Loop nie voor my uit nie, want ek wil jou nie altyd volg nie; moenie agter my loop nie, want ek wil jou nie lei nie. Loop langs my en wees my vriend" (A Camus)
Hierdie aanhalings kom uit die studie "Dawid - Man na God se hart" van Johan Smit.
Maar hoe lyk ‘n WARE vriend?
- Lojaal – ondersteunend, positief, kraak nie af nie – nooit neerhalend nie!
- Vertroue – geloof; integriteit....
- Opofferend – loop die ekstra myl; onselfsugtig!
- Eerlik – het nie geheime nie; is reguit (nie vals nie); skep nooit wanindruk nie.....
- Sensitief – maak nie seer nie!
- Toeganklik – beskikbaar, want sal nie misbruik word nie!
- Gee om – deel mekaar se hartseer, pyn, vrees, blydskap......
John het dit toe verder geneem:
Na gisteraand se selgroep studie oor die vriendskap tussen Dawid en Jonatan. Dit wemel van voorbeelde, riglyne en lesse waaruit elkeen van ons iets van betekenis kan haal. Dankie vir die geleentheid – dit is goed om terug te wees."
"Ons het verskeie eienskappe van vriendskap genoem o.a. lojaliteit, eerlikheid, omgee, respek, vertroue ens. Dit verteenwoordig omtrent 'n ongeskrewe kode waaraan ons aardbewoners moet voldoen om as iemand se ware vriend te kan slaag en leef! Tegelyk 'n verantwoordelikheid en plesier.
As ons die lyne verder trek dan skryf (ek dink) Paulus êrens - ‘en Abraham is 'n vriend van God genoem‘ - Hy het as mens dit reggekry. Dit is die ‘ultimate’
In hierrie gejaagde bestaan kan ons miskien weer die woorde van daai ou Engelse liedjie probeer verstaan ‘a stranger is just a friend you do not know‘
Sou dit 'n uitnodiging, beskuldiging, keuse of uitdaging wees wat elke dag ons pad kruis? Ook van die hemel af?
Wie kan nog Halleluja 444 onthou. Ons het veral as kinders – en is ons nie nog nie - dit so lustig gesing. Dit het toe sommer gisteraand 'n wiegelied geword.
....Wat 'n vriend het ons in Jesus, Hy wat in ons plek wil staan, wat 'n VOORREG om gedurig.........."
Ek daag jou uit om 'n vriend te wees! Ek het so 'n vriend gehad.......
Hector - 9 Maart 2011
|