NG Kerk Knysna
Sedert 1851Kontak Ons  
NG Gemeente Knysna :: Leef Sy Liefde




Preke wat ek aangeteken het
God se Gesalfde – Luk 22: 63 – 71

  • Die Sanhedrin (en andere) wou Jesus uit die pad kry! Hulle het gedink Hy bedreig hulle posissie in die samelewing met ‘n “vals” leer wat Hy verkondig – nie wat hulle geleer het nie! Hulle eie aansien is besig om vinnig te daal…
  • Waarop sou hulle hom kon aanvat en hulle saak wen? Debat het nie gewerk nie:
    • Sondervergifnis vir die verlamde man
    • Belasingwette – betaal die keiser…..
  • Selfs Nikodemus begin wonder – Is Hy dalk die Christus?Vra hy in die geheim…
  • Die Sanhedrin vra twee vrae (v67 & 70): Is Hy die Christus? Is Hy Seun van God? Hulle vra nie oor Godsdienverskille nie… As Jesus in hierdie “strik” trap is Hy vas: Dis Godslastering -geen verdere debat is dan nodig nie!
  • Die Jode van daardie tyd het ‘n “beeld” in hulle koppe gehad oor hoe die Christus moet lyk – en hierdie man lyk nie so nie – Hy is dan nie eers ‘n “kerkman” nie! Die Christus is dan spesiaal: “geslafde van God tot Priester, Profeet, Koning – verteenwoordiger van God - stem van God” Alle vorige geslafdes was sterflik: Dawid, Samuel, ens. (vgl Ps 51) Tydelik gesalf en vol sonde! Hierdie man is dan net die seun van ‘n timmerman! Hy kan nie die messias wees nie……
  • Oral in die O.T. word gewag gemaak van DIEgesalfde wat “perfek’ – 100% sal wees (Joh 17:4) – vir satan gaan oorwin!. Dan 9:24 “… sal vir altyd vrede bring…”. Jer 23 – God het die ou bedeling afgesluit.
  • In Luk 4 haal Jesus uit Jes 61 aan en bevestig dit is van Hom wat hier gepraat word!Luk 19:18 Wie is ek? “Die Gesalfde”! V70; “Seun v/d Mens”; Dan 7:14: ‘n mens. Matt 16: “Wie is Ek?” “Christus, die Seun van God!”Openbaring 54 – Jesus gaan alles volbring!
  • Dís wat die Sanhedrin vra: “Is jy die Seun van God?”Hulle glo hom nie! Hy lyk dan nie soos wat hulle die Christus voorstel nie! En hulle soek rede om Hom dood te maak – dis waaroor dit hier gaan – nie WIE Hy is nie! In Matt 26 soek hulle valse getuies… Hulle wil Hom net uit die pad hê!
  • Mark 24:39 “Dag vir dag het Ek hier in die tempel geleer…” en hulle glo nie – hulle wil nie glo nie! (v67)
  • Matt 1:23. Selfs die duiwel erken Hom – die Jode nie!
Die Les:
Is ons nie ook so nie? Het ons nie ook maar vooropgestelde voorkeure nie? In die Kerk! Uiteindelik hóór ek nie vir God nie! Elke mens ken mos, met sy eie karakter - op sy eie maniier, vir God MAAR
  • Die gesalfde het gekom – dít bly vasstaan!
  • Mense kan nie vir God voorskryf hoe Sy verlossingsplan moet lyk nie! Jesus betaal – dis ál manier! God self het Hom hiertoe gesalf!
GLO DIT!

    e-pos: info@ngkerkknysna.co.za Website by s² Web Solutions