NG Kerk Knysna
Sedert 1851Kontak Ons  
NG Gemeente Knysna :: Leef Sy Liefde




BARMHARTIGHEIDSBEDIENING

DOEL:
Om mense in nood op 'n praktiese manier by te staan.

HOE LYK ONS?
Die Barmhartigheidsbediening bestaan uit kerkraadslede en lidmate wat 'n passie vir mense in nood het.

Die doel van die bediening is om die verskillende projekte te koördineer en aan die gemeente en gemeenskap bekend te stel.

KNYSNA VERSORGINGSDIENSTE (KVD in kort) is 'n program van BADISA, die NG Kerk se Sinodale Barmhartigheidsagentskap. Baie van die projekte waarby ons gemeente se Barmhartigheidsbediening betrokke is, is in samewerking met en ter ondersteuning van KVD.

KVD bestaan uit drie afdelings: Loeriehof Tehuis vir Bejaardes, Maatskaplike Dienste en die Dienssentrum vir Bejaardes. Die bestuurder is Rina Snyman en sy kan by 044 382 2721 gekontak word.

WAARMEE IS ONS TANS BESIG?
  • Vigswesies:
    Walie Lombard en ‘n paar helpers voorsien weekliks vars groente en vrugte aan 8 gesinne wat vigswesies versorg. Wanneer die kinders skool toe moet gaan word hulle ook van klere en ander benodighede voorsien. Hoe kan jy help? Finansieël en om te help met die aankoop van die groente, die opmaak en/of die aflwering daarvan. Kontak vir Walie by 044 382 2412.

  • Toebroodjies vir die vigskliniek:
    Word gemaak 2 maal per week vir ongeveer 20 mense. Kontak asb. Vir Martie de Swart by 044 382 1428 as u hier behulpsaam kan wees.

  • Kospakkies:
    Word aan behoeftige persone uitgegee afgesien van die sakkies in die kerk. Hierdie pakkies word aan die gemeenskap gegee wanneer hulle om hulp kom aanklop by die kerk of waar die diakens behoefte by gemeentelede geÏdentifiseer het. Skakel gerus vir Betsie Stander by 044 3821954 vir meer inligting hieroor.

  • Sakkies projek:
    Daar word elke maand vir die spesifieke behoeftes van gesinne voorsiening gemaak deur sakkies met ‘n lysie van benodighede in die erediens beskikbaar gestel. Tans word ongeveer 40 gesinne per maand op hierdie manier gehelp. Neem asb. ‘n sakkie en maak hom vol volgens die lysie. Vir meer besonderhede, kontak Alma Botha van Gesinsorg by 044 382 2721.

  • Kos vir Lewe-projek:
    Voorsien maandeliks ongeveer 140 blikkies “Pap-‘n-Meat” aan Gesinsorg deur die hulp van donasies en borgskappe uit die gemeente. Die kontakpersone hier is Chris en Ina Engelbrecht (044 382 4067).

  • Sopkombuise:
    Daar is tans 5 sopkombuise onder beheer van Gesinsorg. Ons gemeente borg die bestanddele wat gebruik word. As jy betrokke wil raak deur ‘n donasie of deur te help, kontak asb. Vir Alma Botha by 044 382 2721.

  • Kleuterskool (Gesinsorg):
    Ons is betrokke by die kleuterskool in Hornlee en is tans besig om die skooltjie te registreer by die departement , ‘n belangrike stap sodat ‘n subsidie by die owerheid ontvang kan word vir salarisse. Ons is ook baie opgewonde oor ‘n groentetuin waarmee ons gaan begin! Ons is nog in die onderhandelings fase, maar dink werkskepping, groente vir die sopkombuise, vars groente om te verkoop ens.

  • Volhard Koshuis:
    Daar word tans vir 3 behoeftige kinders gesorg deur hul losies deur borge te betaal en daar word aan hulle weekliks ‘n sakgeldjie gegee. Maak ‘n verskil in hierdie kinders se lewe, hulle dankbaarheid en groei is aangrypend. Kontak vir Marie Landman by 044 382 1228.

  • Dienssentrum vir Bejaardes:
    Ons voorsien toebroodjiesmere een keer per maand vir die persone wat by die program ingeskakel is. Marie en Adri Korsten is die kontakpersone en kan gekontak word by 044 382 1228.

  • Loeriehof Poedings:
    Een keer per maand, op die 2de Dinsdag van die maand, verskaf ons poeding vir 100 mense (dus 10 bakke poeding). Die bejaardes geniet die soetdingetjie verskriklik en dit helder sommer hulle dag vir hulle op. Skakel gerus vir Marie Landman by 044 382 1228/076 3686131 as u hier wil inskakel.

  • Komberse Projek:
    Die graad 11 (std. 9) belydenisklas het hierdie projek op hulle eie van die grond af gekry omdat hulle simpatie het met minderbevoorregtes wat swaarkry in die winterkoue. Hulle het reeds 30 komberse verkoop en versprei! Marie Landman 044 382 1228.

  • Epilepsie SA
    Die diakonie verleen hier ondersteuning. Skakel gerus vir André by 0827829626.

As jy graag by die uitbou van die Barmhartigheidsbediening betrokke wil raak en ons met nuwe idees wil inspireer, kontak die sameroeper, Marie Landman, by 044 382 1228.

    e-pos: info@ngkerkknysna.co.za Website by s² Web Solutions