EREDIENSBEDIENING
Die kerk van Christus is orals waar daar gelowiges is. Daar waar die kinders van die Here werk, speel en woon, is hulle die kerk van die Here. Maar een dag in die week word die kerk op 'n besondere manier vir die wêreld sigbaar wanneer die kinders van God saamkom vir die erediens. Dan belewe ons ons eenheid, dat ons deel is van die groot huisgesin van God en dan bring ons al die eer aan ons Here en Verlosser.
Dit is met hierdie saamkom van die huisgesin van die Here waarmee die Erediensbediening hom besig hou. Om die erediens te laat gebeur, is mense nodig - mense wat die Here lief het en Hom op 'n baie praktiese manier met hulle gawes en talente wil dien. Jy kan ook by hierdie bediening betrokke raak!
Hier is 'n klompie idees vir jou:
- Speel 'n musiekinstrument, van 'n orrel tot 'n trompie(!), of word deel van die sanggroep. Ons wil graag meer mense by ons begeleidingsgroep by Kruiskerk hê sodat hulle mekaar kan aflos. Dit sal wonderlik wees as ons twee of drie spanne het! Kontak vir Graham Bezuidenhout (082 424 7450).
- Ons wil ook graag meer musiekinstrumente tydens die erediens in die kerkgebou gebruik. As jy een van die meer klassieke instrumente kan speel kontak Marie Kok (082 855 1837).
- Help met blommerangskikking of skenk blomme. Kontak vir Mathilda van Rooyen (082 412 9616).
- Help met deurdiens, die opneem van kollekte en/of uitdeel van die Nagmaal. Kontak vir Susan Bothma (W044 382 3011; H044 382 3466).
- Hulp met die rekenaar en dataprojektor, of met die klanksisteem. Kontak vir Rudolf Landman (082 353 5939).
- Dans saam met die Lofdansgroep. Kontak Felicity Kapp (082 576 8305).
- Help om Die Trompetter (ons aankondiging- en algemene nuusblad) te redigeer of te vou en in pakkies op te maak. Kontak Chris en Ina Engelbrecht (044 382 4067).
Onthou: Die erediens "behoort" nie aan een of twee mense nie, ons is almal daarby betrokke en elkeen kan 'n deel bydra. As jy dus 'n idee het of 'n bydrae om te maak waarvan ons nie hier gepraat het nie, kontak gerus die sameroeper van die Erediensbediening, ds Christo (044 382 1228), en vertel vir hom daarvan.