NG Kerk Knysna
Sedert 1851Kontak Ons  
NG Gemeente Knysna :: Leef Sy Liefde




GEBEDSBEDIENING

ONS DROOM :
Om te beweeg van 'n gemeente met 'n Gebedsbediening na 'n Huis van Gebed, waarby al die bedieninge en lidmate betrokke is.

WAAR KAN LIDMATE INSKAKEL?
  • Gebedsketting:
    Voorbidding vir siekes en krisisse. Kontakpersone: Chris en Ina Engelbrecht: 044 3824067
  • Gebedsgroep:
    Kom sluit aan elke Woensdagaand om 18:30-19:15 by die Kleinsaal. Ons tree in vir die gemeente en die gemeenskap van Knysna
  • Gebedsmure:
    Gee gestalte aan die "Huis van Gebed" opdrag in die Skrif (Matt.21:13; Jes.56:7) Koppel gebed aan ons leefwêreld en ons verhouding met God. Gebedsfokus word vars en aktueel uitgebeeld. Kontakpersoon: Leoni de Jager: 084 9900064
  • Gebedsondersteuning vir Lidmate
    Diensbeurte tydens/na eredienste -Kerk gebou (Chris Engelbrecht) -Kruiskerk (Felicity: 082 5768305)

    e-pos: info@ngkerkknysna.co.za Website by s² Web Solutions