| | | | |
| | | | NG Gemeente Knysna :: Leef Sy Liefde |
| |
JEUGBEDIENING
- Kategese
Strek van grade 1-10, asook die belydenisklas. Vind kwartaal-Sondae plaas, na afloop van die eredienste. Vanaf 2010 gaan ons die Visuele Kategese sillabus - LP/3 - van Jeugfokus volg.
- KIX (Kids in Christus)
Die ou "Kinderkrans"-groepies wat Vrydae 7:30-8:00 by Laerskool Knysna bymekaarkom. Bestaan uit graadgroepe en ook saal groepbyeenkomste.
KIX het verskeie noodgerigte insamelings soos Klere vir Kleuters, Sente vir Sendelinge, Blikkieskos vir Buddy, Bybels vir Afrika kinders en 'Project Desert Light'. Hierdie insamelings is vir behoeftige families in Knysna se omgewing, asook Bybelnood so ver as Egipte.
Ons hoogste roeping is om betroubare getuies vir Christus te wees.
Dit is waarlik 'n voorreg om 'n instrument te wees deur wie Hy sy bediening onder die kinders van die wereld kan voortsit. Sluit by ons aan. Skakel Olga Swart by 0797445432
- CIA (Christene in Aksie)
Weeklikse interkerklike hoërskoolbyeenkoms, Dinsdae 13:00-14:00 in Kruiskerk.
'n Interkerklike jongmensaksie ("the CROSSing") het ook hieruit ontwikkel. Byeenkomste is Vrydagaande by Youth for Christ se kantore. 'n Tyd van saam eet, speel, "praise and worship" en groei in verhouding met God.
|
|