NG Kerk Knysna
Sedert 1851Kontak Ons  
NG Gemeente Knysna :: Leef Sy Liefde



Kliek hier onder vir meer inligting

  • Ons Gemeentenuus Verskyn Elke Sondag gedurende Skoolkwartale Kliek Hier vir Die Nuutste Trompetter
  • Die laaste 10 Trompetters is in Argiewe elders op hierdie webwerf
  • Hoe lees jy jou Bybel? Hoor jy regtig wat God sê? Lectio Divina sal jou help Kliek hier
  • Tienerkamp 20 Oktober 2012. Besonderhede later.
  • Publieke gespreksforum oor die Belydenis van Belhar by http://belydenisvanbelhar.co.za/





Wat is Lydenstyd?

Lydenstyd, wat soms ook as die “veertig dae”-tydperk bekend is, vorm een van die belangrikste seisoene in die Christelike kalender. Dit is tyd van selfondersoek en verootmoediging en word in baie kerke gekoppel aan ’n tyd van vas of onthouding. Dit is tradisioneel die tydperk van hernuwing sowel as van kategetiese afronding. Die tydperk bied aan Christene geleentheid om na te dink oor die Here se lyding ter wille van ons sondes. Al hierdie motiewe staan egter in diens van die sentrale motief, naamlik voorbereiding vir Pase, die fees van Jesus se opstanding. Lydenstyd begin op As-Woensdag 22 Februarie 2012.

Lees Meer.

OM KERK TE WEES!

Die NG Kerk van Knysna bestuur "Kerk-wees" aksies soos Barmhartigheid en Getuienis. Lees Meer.
Ons uitreikprojekte om armes se nood te verlig beteken baie vir hierdie mense. Ons kanaliseer fondse na hierdie projekte en voer só Jesus se opdrag aan Sy kerk gehoorsaam uit! Die nood is egter groter as wat ons met ons beperkte fondse kan hanteer!
Om self betrokke te raak, kan JY begin deur finansieel by te dra tot hierdie fondse. Deponeer jou bydrae in die rekening hieronder. Merk dit "Vir Barmhartigheid" of "Vir Getuienis" met jou naam daarby (as jy wil).
Ons Bankbesonderhede is as volg: NG Kerk Knysna ABSA Tjek rek no. 4049013452, Takkode 632005
Jy kan ook jou tyd vir hierdie saam gee! Kom meld aan vir diens - Jesus kan JOU gebruik!
Vir Navrae Lees Meer.

2012 is in volle swang! Daniël de Wet reël vir ons 'n kamp by Lake Pleasant (sien advertensie hierbo). Hy gaan ons toerus vir die jaar wat kom EN het julle geweet? Hy neem sy kitaar saam! Lake Pleasant is kinder- tot oumensvriendelik en is ook geskik vir alle weersomstandighede!
Datum: 2-4 Maart 2012
Plek? Lake Pleasant Chalets, Lodges & Camping. Dis 'n baie deftige plek! Besoekwww.lake-pleasant.co.za
Tema? Extreme Makeover - God's WayLees Meer
Vir Wie is die kamp? Almal wat familie van Jesus is! Jonk, oud, gesinne en enkelinge - ons kan almal mos doen met 'n "Makeover" en hope pret! Sommer net lekker kuier ook...
Koste, Akkomodasie & Besprekings Jy betaal vir jou eie verblyf volgens keuse en kos!Kliek Hier.
Eersteklas reastaurant gekoppel aan die kampterrein.Kliek hier vir spyskaarte.


Besluite van Die Algemene Sinode van die NG Kerk oor:
  • Die Doop
  • Die Bediening van Bevryding
  • Die Huwelik en Saamwoon
  • Kerkhereniging
  • Die Belydenis van Belhar
  • Restitusie
  • Welvaartsbelasting


Die Amerikaanse skrywer Phillip Yancey skryf dat ons dikwels dink gebed is bedoel om God te verander - dat Hy my sal hoor en vir my sal gee wat ek vir myself of ander mense vra. Die waarheid skryf Yancey is egter dat gebed bedoel is om jou en my te verander- om ons meer in lyn te bring met God se doelwitte en prioriteite, om ons oë en harte oop te maak vir waar God reeds aan die werk is sodat ons by sy werk kan inskakel. Gebed is nie bedoel om God op my in te stel nie, maar om my op God in te stel.

Ek het al die sessies bygewoon en besondere groei in my gebedslewe ervaar. Hieronder volg die notas wat ek tydens die sessies gemaak het.ek vertrou jy sal ook baat daarby vind!

Kategese program vol nuwe dinge!

Op Sondag 15 Januarie het die kategese groepe vir die eerste keer hierdie jaar bymekaar gekom en ons sien uit na ‘n jaar waar ons meer leer oor die Woord van God, Sy liefde vir ons en ons antwoord op Sy liefde. Soos in die verlede maak ons gebruik van verskillende handleidings vir die kleuterkerk, junior- en senior kategese, sowel as die Belydenisklas. Ons is veral opgewonde oor ‘n nuwe toevoeging tot hierdie reeks handleidings, naamlik “Faceboek – Vriende van God”. Dit is gerig op tieners en sal gebruik word by die senior kategese. Hier is die goeie nuus: die kerkraad voorsien gratis ‘n boek aan elke tiener in die senior kategese!
    e-pos: info@ngkerkknysna.co.za Website by s² Web Solutions