NG Kerk Knysna
Sedert 1851Kontak Ons  
NG Gemeente Knysna :: Leef Sy Liefde




HOE LYK ONS

Ons gemeente is deel van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika. Ons gemeente is in 1851 van George afgestig om veral die boswerkers in die Knysnabosse beter te kon bedien. Sedertdien is twee dogtergemeentes van Knysna afgestig nl Mc Lachlan (nou Plettenbergbaai) in 1930 en Karatara in 1951. (Vra by ons kerkkantoor vir die Eeufeesbundel en die 150-Jaar Feesbundel as jy meer van ons gemeente se geskiedenis wil lees.)

Die grense van die gemeente is tans van die monding van die Goukammarivier by Buffelsbaai al met die Homtinirivier tot by die kruin van die Outenikwaberge, dan Ooswaarts tot 'n punt wat lynreg Suidwaarts deur die "Garden of Eden" sny tot by die see.

Nederduitse Gereformeerde Kerk Knysna
Nederduitse Gereformeerde Kerk Knysna


Die gemeente is in ses wyke ingedeel en daar doen 'n ouderling en diaken in elkeen van die wyke diens. Die taak van die wykouderling is die herderlike versorging van die wyk. Hy dien as skakelpersoon in geval van siekte, dood of enige ander geval waar daar behoefte aan pastoraat is.

Lidmate wat hulle kindertjies wil laat doop of wat wil trou of belydenis van geloof wil aflê, kontak eers hulle wykouderling wat dan aan hulle die nodige begeleiding en inligting verskaf.

Die wyksdiaken sien veral om na die maatskaplike nood en behoeftes van wykslede. Kontak hom waar daar broodgebrek is, of enige ander nood is.

Kerksale - Fichatstraat
Click for bigger image
Click for bigger image
Click for bigger image
Click for bigger image
Click for bigger image
Click for bigger image

Kerksale–Rheenedal & Buffelsbaai
Click for bigger image
Click for bigger image
 

Pastorieë
Click for bigger image
Click for bigger image
 
    e-pos: info@ngkerkknysna.co.za Website by s² Web Solutions